Brandstofpryse styg straks weer in Mei

Die Automobiel-assosiasie in Suid-Afrika het gewaarsku oor nog ‘n petrolprysverhoging in Mei. Die AA sê huidige ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds het aangedui dat die petrolprys weer met sowat 37 sent per liter sou styg, wat die prys tot R25 Suid-Afrikaanse rand en 15 sent sal opstoot. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie ministerie, wat sê dat Namibië dalk ook in Mei hoër brandstofpryse sal sien. Ekandjo sê dat die komitee wat brandstofpryse bepaal, volgende week vergader.