Botha, Murove kry borg, landdros spreek polisiewerk aan

Coenie Botha van CBI Exchange is borgtog van 50 000 Namibiese dollar in die Windhoekse landdroshof toegestaan en sy vrou, Charlotte Murove, borgtog van 30 000 dollar. Hulle het volgens die staat die bankinstellingswet oortree. Hulle word van bedrog van 160 miljoen Namibiese dollar verdink. Die twee is op 11 Maart by Buitepos gearresteer en was sedertdien agter tralies. Die saak is uitgestel tot 31 Julie. Rowan van Wyk was die staatsaanklaer. Landdros Jozanne Klazen was egter nie gelukkig met die polisiewerk in die saak nie en het dit in haar uitspraak aangespreek. Die paartjie se prokureur, Marco Kazondana van Sisa Namandje and Company, het met Silvy Diergaardt van Kosmos 94.1 Nuus gepraat.