Hoë kospryse is nie oor onmededingende gedrag nie

Plaaslike media berig dat die Namibiese Mededingingskommissie reeds ondersoek ingestel het en sê dat die hoë voedselpryse nie as gevolg van onmededingende gedrag is nie. Volgens die berigte het die kommissie bevind dat prysskokke as gevolg van waardeketting-onderbrekings tydens en na Covid, sowel as buitelandse faktore plaasgevind het. Namibië maak staat op invoere vir die groter meerderheid van sy voedsel benodighede en dus, is die verbruiker hier uitgelewer aan enige gebeure in die buurland sowel as internasionaal. Daar is natuurlik kommer oor inflasie tydens September en Oktober met brandstofpryse wat reeds gestyg het en weer in Oktober behoort te styg.