Hidrologiese Dienste maan oor riviere in vloed

Die Hidrologiese Dienste van Namibië het ‘n waarskuwing uitgereik oor riviere wat in vloed is. Die Kuisebrivier se vlak het vanoggend by Gobabeb tot 1,40 meter gestyg en die vloei by Rooibank was sowat 1,05 meter. In die Suide was die Oranjerivier se vlak by Blouputs vanoggend 2,72 meter. In die Noordooste is die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo bo-normaal teen 2,32 meter en die Okavangorivier se vlak bly ook styg en het op 5,1 meter gestaan.