Een Covid-sterfgeval op Engela aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfgeval in die Engela-distrik aangemeld, asook 45 nuwe Covid-gevalle uit 1 490 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van drie persent verteenwoordig. In die groep is sewe leerders en onderwysers. Daar is nou 2 568 aktiewe gevalle, waarvan 63 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 20,8 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.