Hef aandklokreël op, of ons gaan hof toe – AfriForum

AfriForum in Suid-Afrika se regspan het ’n aanmaningsbrief aan die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gestuur waarin die organisasie aanvoer dat die voortgesette aandklokreël irrasioneel en ongeregverdig is. Die burgerregte-organisasie wys daarop Suid-Afrika is reeds sedert 15 Maart verlede jaar onderworpe aan ’n ramptoestand. AfriForum vra die minister moet skriftelike redes verskaf oor die rede vir die aandklokreël en bewyse dat dit doeltreffend is in die stryd teen Covid-19. Sy moet teen Vrydag antwoord: