So sal NBL se verkoop werk

Meer inligting is bekend oor die verkoop van Ohlthaver en List se aandele in Namibië Brouerye aan Heinekin SA. Volgens Simonis Storm is daar reeds ‘n voorwaardelike ooreenkoms onderteken dat Heineken NV O&L se 50,1 persent aandeelhouding in NBL Investment Holdings kan bekom. NBL Investment Holdings besit 59,37 persent van die brouery self terwyl 40,63 persent openbaar is. Die brouery sal ook steeds op die Namibiese aandelebeurs genoteer wees. Die uitvoerende voorsitter van O&L Sven Thieme het vroeër gesê die verkoop van sy aandele bied uitstekende geleenthede vir NBL en sy produkreeks. NBL se aandeelprys het met die aankondiging met 21,3 persent gestyg. Die ooreenkoms is onderhewig aan verskeie goedkeurings.