Handelsministerie gesels oor jou regte en dranklisensies
Die Namibiese handelsministerie sal belanghebbendes toespreek oor verbruikersbeskerming en die proses om dranklisensies te bekom. Die noordoostelike dele van die land word besoek met die eerste bespreking in Rundu. Die publiek en belanghebbendes word uitgenooi om aan te sluit by minister Lucia Ipumbu en haar ministeriële afvaardiging op Rundu môre om tien-uur by die Rundu Hotel. Ministeriële woordvoerder Elijah Mukubonda het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.