Hamilton kla oor diskriminasie

Motorsport: Die Mercedes-renjaer Lewis Hamilton sê Formule Een moet meer doen om diskriminasie te beveg. Dit volg na aanstootlike opmerkings deur die Red Bull-baas Helmut Marko. Die 80-jarige Oostenryker het Sergio Perez se etnisiteit blameer vir sy wisselende vorm vir Red Bull hierdie seisoen. Hy het intussen om verskoning gevra. Hamilton het Marko se opmerkings as heeltemal onaanvaarbaar beskryf en sê dit beklemtoon hoekom voortdurende werk om inklusiwiteit in die sport te verbeter, so belangrik is: