H5-voëlgriep roei in Gauteng en Noordwes

Meer as 270 000 hoenders is die buurland van kant gemaak en goedkeuring is gegee dat die karkasse onder beheerde toestande na ‘n nabygeleë stortingsterrein geneem mag word. Dit volg nadat H5-voëlgriep op twee kommersiële plase in Gauteng en in Noordwes bevestig is. Die stam van ‘n hoogs patogeniese voëlgriep is vroeër vandeesmaand op ‘n kommersiële plaas in Ekurhuleni aangemeld. ‘n Woordvoerder van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Reggie Ngcobo, sê die hoenders is onder toesig van staatsveeartsenykundiges verwyder.