Covax beplan 2 miljard dosisse teen einde 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Covax-fasiliteit beplan om 2 miljard entstowwe vir laer-inkomste lande teen die einde van die jaar te versker. Op die oomblik lewer die fasiliteit die AstraZeneca en Pfizer enstowwe en ooreenkomste met nuwe vervaardigers is onderteken om nog te lewer. Net meer as 14,1 miljoen dosisse van die Pfizer entstof is aan 47 lande tot dusver gelewer met Suid-Afrika die enigste land in Afrika.