Guptas doen aansoek om asiel in twee Afrika-lande

Atul en Rajesh Gupta, wat deur Suid-Afrika gesoek word op aanklagte van geldwassery en bedrog, het glo vir asiel in twee Afrika-lande aansoek gedoen. Volgens Franse mediaberigte het die broers het by die owerhede in Kameroen en die Sentraal-Afrikaanse Republiek daarvoor aansoek gedoen. Albei lande is buite die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wie se lede uitleweringsversoeke van lidstate moet eerbiedig. Die Guptas is in Junie 2022 in die Verenigde Arabiese Emirate in hegtenis geneem. Suid-Afrika het by die Emirate aansoek gedoen vir die uitlewering van die broers.