Krieket: Proteas klop Nederland met agt paaltjies

Krieket: Suid-Afrika het ‘n oortuigende oorwinning van agt paaltjies teen Nederland in die eerste eendag-internasionale wedstryd in Benoni behaal. ‘n Vennootskap van 102 lopies om die derde paaltjie tussen Temba Bavuma en Aiden Makram het die besoekers se lot verseël. Bavuma was onoorwonne op 90 en Makram op 51, vir ‘n telling van 190 vir 2. Die Nederlanders is beperk tot 189, almal uit. Tabraiz Shamzi en Sisanda Magala het beïndruk met syfers van onderskeidelik drie vir 25 en drie vir 37. Die twee spanne ontmoet môre op die Wanderers vir die Pienk eendag-kragmeting.