Groot katte in dieretuine kan Covid opdoen en aansteek

Navorsing deur wetenskaplikes aan die Universiteit van Pretoria wys drie leeus en twee poemas in ‘n private dieretuin in Johannesburg het Covid-19. Navorsers sê mense wat met die diere werk het hulle dalk aangesteek. ‘n Professor in virologie aan die Universiteit, Marietjie Venter, sê data wys die koronavirus het onder personeel die ronde gedoen toe die diere siek geword het. Die ondersoek is begin nadat drie leeus asemhalingsprobleme ontwikkel het. Vyf personeellede van die dieretuin wat kontak met die diere gehad het, het positief getoets vir Covid-19.