Groenwaterstof: Dis nou die jeug se kans

Na die suksesvolle besoek aan die Wêreld Ekonomiese Forum WEF deur die Namibiese afvaardiging, word daar berig dat Namibië sy groenwaterstofprojekte baie goed bemark het. Daar is hoop dat die tipe beleggings werkloosheid in die land kan aanspreek. Die tegniese adviseur vir groenwaterstof in die ministerie van myne en energie Frans Kalenga gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van jeugbetrokkenheid by groenwaterstofprojekte…