Groen seeskilpad met drie pote by Paternoster gered

’n Groen seeskilpad met net drie pote is onlangs by Paternoster gered en sterk by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad aan. Die skilpad, wat reeds sy linkervoorpoot verloor het, is op 25 Julie gered en het erge infeksie in sy ander voorpoot gehad. Renée Leeuwner, woordvoerder van die akwarium se opvoedingstigting, sê Geri, soos die seeskilpad gedoop is, was baie swak toe hulle hom gekry het, maar ontvang nou behandeling in die akwarium se rehabilitasiesentrum. Hy weeg 48 kilogram en herstel stadig maar seker. Dit is volgens haar ongewoon om ’n seeskilpad in Paternoster te vind.