Boere in Noordweste moet voorberei op moontlike droogte

‘n Namibiese landboukenner het gereageer op die Namibië Metereologiese Diens se reënvalvooruitsigte vir 2021-2022. Die meeste dele van die land sal waarskynlik normale tot bo-normale reënval ontvang, maar vir Oktober, November en Desember kan die suidwestelike dele onder-normale tot normale reënval verwag word. Groot kommer heers oor die Noordweste wat waarskynlik normale tot onder-normale reënval die hele reënseisoen sal ontvang. Boere in die noordwestelike dele word gemaan om vir ‘n moontlike droogte voor te berei. Wallie Roux het met Kosmos 94.1 Nuus oor La Nina en El Nino-toestande gesels.