Godongwana sê SA gaan nie Amerikaanse dollar vervang
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, het bespiegelings verwerp oor die vestiging van ‘n Brics-geldeenheid om afhanklikheid van die Amerikaanse dollar te verminder. Dit volg op die Brics-beraad, waar strategieë bespreek is om Westerse oorheersing in wêreld-ekonomieë te verminder. Brics wil afhanklikheid van die dollar in handel tussen lede verminder en internasionale betalingstelsels hervorm. Godongwana sê om plaaslike geldeenhede voorop te stel beteken nie die dollar sal eenkant geskuif word nie. Rusland, wat sanksies ondervind weens die konflik in Oekraïne, steun pogings om weg te beweeg van afhanklikheid van die dollar.