Gift of the Givers bevraagteken cholera-dodetal

Die hulp-organisasie Gift of the Givers sê die amptelike cholera-dodetal in die buurland is nie ‘n werklike weergawe van die sterftes weens die uitbreking nie. Die nasionale departement van gesondheid stel die bevestigde dodetal op 32, waarvan 29 in Gauteng, twee in die Vrystaat en een in Mpumalanga. Gift of the Givers meen die syfer is ‘n reuse-onder-rapportering en dat nagenoeg tien mense by Vredefort in die Vrystaat dood is. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Clifford Mabe, sê meer as 70 mense in dié gebied het cholera opgedoen. Mabe sê die organisasie het die gebied besoek nadat hulle oproepe van gemeenskappe ontvang het met simptome van die siekte gehad het.