Gholf: Voormalige meesterskampioen gediskwalifiseer
Gholf: Die voormalige meesterskampioen, Hideki Matsuyama, is gediskwalifiseer by die Memorial-toernooi in Ohio, weens ‘n onwettige merk op sy gholfstok. Die wêreld se nommer 12 was op drie bo baansyfer toe hy op die tiende putjie gediskwalifiseer is. Die PGA -toernooi se hoofskeidsregter, Steve Rintoul, sê ‘n stof wat soos soos korreksievloeistof lyk is op sy gholfstok opgemerk. Rintoul sê die 30-jarige Matsuyama het reël 4.1a oortree wat verband hou met die gebruik van ‘n ongeoorloofde stok.