Gevegte en bombardering duur voort in Gaza

Gevegte en bombardering gaan voort in die Gazastrook nadat Amerika en Israel ooreengekom het om samesprekings te hervat wat vroeër afgelas is. Spanning tussen die lande neem toe weens Amerikaanse kritiek op Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu. Dit hou verband met die burgerlike sterfesyfer in Gaza, uitmergelende voedseltekorte en Israel se plan om sy grondoffensief na Rafah uit te brei. Die gevegte duur voort ondanks Maandag se bindende resolusie van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad wat ‘n “onmiddellike skietstilstand” eis, asook die vrylating van gyselaars wat deur die militante aangehou word.