Gesondheidsminister praat oor verpligte inenting, goedkoper Covid-toetse

Die Namibiese gesondheidsministerie het 354 nuwe Covid-gevalle uit 1 641 toetsuitslae aangemeld wat ‘n positiewe koers van 21,6 persent verteenwoordig. In die groep is 28 leerders, 20 studente, 18 gesondheidswerkers en 12 onderwysers. Daar is nou 3 706 aktiewe gevalle, waarvan 99 pasiënte in hospitale is en sewe in hoësorgeenhede. Altesaam 327 532 persone is ten volle ingeënt. Die gesondheidsminister, Kalumbi Shangula, het ook oor verpligte inenting gepraat.

Hy het ook genoem dat pryse vir Covid-toetse dalk kan daal.