Geslagsgeweld: Dis Nampol se probleem, ministerie nie
Namibië het ‘n Nasionale Plan van Aksie teen Geslagsgebaseerde Geweld 2019-2023 in plek wat ‘n multisektorale, geprioritiseerde nasionale poging teen geslagsgebaseerde geweld vereis. Voorvalle van hierdie misdaad is egter steeds algemeen en die bekamping daarvan blyk nie voldoende te wees nie. Die adjunk-minister vir geslagsgelykheid, Bernadette Jagger, het onlangs in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie kry gereeld klagtes dat hulle nie genoeg doen teen die euwel nie, maar voeg by dat dit die polisie se werk is om hierdie misdade te hanteer.