Georgia-klagtes: Trump het nie mag vir kwytskelding nie, al wen hy in ’24August 15, 2023
Oudpresident Donald Trump het moontlik groot probleme. Die klagtes wat deur die deelstaat Georgia teen hom gebring is, is nie klagtes wat hy as president onder kwytskelding kan verwyder nie. Volgens Amerikaanse wetgewing, kan ‘n president alleenlik kwytskelding op federale klagte en nie staatsklagte gee nie. Trump staar 13 klagte in die saak in die gesig en net onder die rampokkeryklag kan hy tot 20 jaar tronkstraf kry, sou hy skuldig bevind word. Dit is ‘n ongekende situasie vir die Amerikaanse politieke milieu, sou hy herverkies word in 2024, soos Ron Brownstein, Amerikaanse politieke ontleder, verduidelik.