Geen vervolging in Andrew Brown-skietery nie

Die Distriksaanklaer van Noord-Carolina, Andrew Womble, sê die skietdood van ‘n swart man deur polisiebeamptes was geregverdig en geen strafregtelike aanklagte gaan teen hulle gelê word nie. Andrew Brown Junior is verlede maand in sy motor doodgeskiet toe polisiebeamptes ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname op aanklagte van dwelmhandel aan hom uitgereik het. Womble sê die beamptes se optrede was in ooreenstemming met hulle opleiding en word deur wetgewing ondersteun: