Afrika moet weer op koers kom – IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds sê daar is ‘n dringende behoefte om op finansiering in Afrika te fokus. Die korona-virus het verlede jaar ‘n resessie veroorsaak wat die bruto binnelandse produk op die vasteland met 1,9 persent laat krimp het, die swakste vertoning op rekord. Die IMF se Besturende Direkteur, Kristalina Georgieva, het op die vooraand van ‘n spitsberaad oor die finansiering van Afrika se ekonomieë gesê dringende optrede is nodig om Afrika weer op koers te kry: