Nam-atlete sê Spele moet voortgaan

Die Tokio Olimpiese Spele is druk besig met hul voorbereidings. Alhoewel duisende atlete van regoor die wêreld opgewonde oor die Spele is, is daar reeds twee petisies, een met 350 000 handtekeninge en ‘n ander van 6 000 mediese praktisyns wat dit eerder weens Covid-19 wil laat uitstel. Die Namibiese Sportskommissie se Sportadministrateur, Freddy Mwiya, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê plaaslike atlete is opgewonde oor die Spele en hulle het jare hiervoor voorberei. Volgens hul mening moet die Spele nie uitgestel word nie.