Geen ooreenkoms oor Israel-Hamas geweld

Arabiese leiers by ‘n vredespitsberaad die naweek in Kaïro het Israel se bombardering van Gaza veroordeel, terwyl Europeërs gesê het burgerlikes behoort beskerm te word. Maar weens die afwesigheid van Israel en senior Amerikaanse beamptes, was daar geen ooreenkoms oor die beperking van die geweld nie. Egipte het gehoop deelnemers sou vra vir vrede en pogings hervat om die dekade-oue kwessie van ‘n Palestynse staat aan te spreek. Leiers en buitelandse sake-ministers kon nie ooreenkom oor ‘n gesamentlike verklaring nie.