Gaza kan nie hawe vir terreur wees nie – EU

Die Europese Kommissie sê Gaza kan nie ‘n veilige hawe vir terroriste wees nie en kan dus nie deur Hamas beheer word nie. Die Europese Unie het die afgelope weke tot dusver agt hulpvlugte na Gaza gestuur, wat meer as 320 ton humanitêre voorrade na die Rafah-grensoorgang vervoer het. Sedert die konflik verlede maand begin het, is 1 400 mense in Israel vermoor en meer as 200 gyselaar geneem. Meer as 10 300 mense het hul lewens in Gaza verloor. Ursula von der Leyen, president van die kommissie, sê humanitêre hulp aan Gasa sal met 491 miljoen Namibiese dollar aangevul word.