Gautengse premier bekommerd oor hoë misdaadsyfers in Tembisa

Die Gautengse premier, David Makhura, sê meer as 806 arrestasies is in die afgelope 24 uur in Thembisa, Ekurhuleni, uitgevoer. Altesaam 165 daarvan was gevalle van geslagsgeweld. Hy het vandag by die O Kae Molao-operasie in Tembisa aangesluit. Die provinsiale regering het dié oorlogskamer vir misdaadbekamping gevestig as deel van die opbou van veiliger gemeenskappe. Makhura sê misdaad en werkloosheid is die twee grootste bronne van kommer vir die mense van Gauteng.