Bewaringskundige reageer op onwettige houtkappery in Kavango-Oos

‘n Namibiese ekoloog en bewaringskundige het gereageer op die Kapinga Kamwalye-bewaringsgebied in die Kavango-Oos-streek wat beweer onwettige houtkappery is volop in die gebied. Minstens 96 bome is reeds afgekap wat die komitee baie bekommerd maak. Daar is glo ‘n inwoner van die gebied wat houtkappers aangestel en toerusting verskaf het. Thomas Muronga, voorsitter van die bewaringsgebied, sê hulle kry ook geen uitsluitsel oor die saak wat hulle aanhangig gemaak het nie. Dr. Peter Cunningham sê aan Kosmos 94.1 Nuus die polisie is onkundig oor die erns van die saak.

Dr. Cunningham het ook gesê hy voel Namibiërs het dalk nie ‘n goeie begrip van die waarde van hierdie bome nie.