Gauteng-polisie sluit 40 onwettige drankwinkels

Meer as 40 ongelisensieerde drankwinkels in Gauteng is gesluit. Die polisie het die afgelope week toegeslaan op handelswinkels in Tshwane, Ekurhuleni en die Wes-Rand as deel van ‘n voortgesette operasie. Tien verdagtes is in Tshwane vasgetrek weens die verkoop van alkohol sonder ‘n geldige lisensie. ‘n Polisiewoordvoerder, Kay Makhubele, sê sekere winkels is gesluit omdat eienaars versuim het om op die tyd, soos bepaal deur Covid-19 regulasies, te sluit: