Fonds vir aandoenings weens inentings onvoldoende – AfriForum

AfriForum sê die ANC-regering se swak prestasierekord is ‘n bewys daarvan dat die administrasie van die voorgestelde vergoedingsfonds vir aandoenings weens Covid-19 inentings búíte ‘n regeringsdepartement geskep móét word. Die voorgestelde skema sal vinnige en maklike toegang bied vir vergoeding aan mense wat aandoenings weens die toediening van ‘n Covid-19 inenting ontwikkel het het. Barend Uys van AfriForum sê hulle het verskeie wysigings aan die regulasies voorgestel: