Tafelberg brand steeds

‘n Grys rookwolk hang vanoggend steeds oor Kaapstad waar die brand wat sedert Sondagoggend woed, steeds nie geblus is nie. ‘n Gebied van meer as vierduisend hektaar in die Tafelberg Nasionale Park het afgebrand. Die park se Brandbestuurder, Philip Prins, sê hulle bly op gereedheids-grondslag omdat die brand waarskynlik slegs teen die einde van die week heeltemal geblus sal wees. Kaapstad se burgemeester, Dan Plato, sê hy is platgeslaan deur die verlies van belangrike erfenisbakens: