Fikile se ‘beeld is geskend’

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê sy beeld is geskend deur die uitvoerende hoof van Thuja Capital, Mthunzi Mdwaba, se bewerings. Dit volg ná ‘n berig in Sunday World waarin Mdwaba beweer het ‘n Werkloosheidsversekeringsfonds-transaksie ter waarde van 500 miljard Suid-Afrikaanse rand het misluk nadat hy geweier het om belonings aan Mbalula, finansminister Enoch Godongwana, arbeids-minister Thulas Nxesi en hoër onderwys-minister Blade Nzimande te betaal. Mbalula het ‘n saak teen Mdwaba geopen en sê die bewerings teen die ANC-leierskap is onwaar.