Fietsryers en drawwers in Tshwane vra vir beskerming

Fietsryers en drawwers in Tshwane doen ‘n beroep op wetstoepassings-agentskappe om hulle te beskerm. Die Veiliger Roetes-forum sê hy voel kwesbaar na ‘n skerp styging in misdaad in verskeie gebiede. Die forum is ook bekommerd oor motoriste se gebrek aan agting vir drawwers en fietsryers. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, beloof sy departement sal die forum se eise ondersoek. Intussen sê die polisiewoordvoerder Terrence Naidoo hulle sal met die groep vergader om veiligheidsmaatreëls te tref.