Wes-Kaapse premier verwelkom vergadering oor Covid-regulasies

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het President Cyril Ramaphosa se sameroeping van die President se koördineringsraad vir môreoggend verwelkom. Winde sê hy gaan by die vergadering aansluit om die provinsie se mening ten opsigte van die verwydering van die oorblywende Covid-beperkings oor te dra. Hy sê data dui duidelik aan dit is nie langer nodig om die gesondheidsorg-stelsel te beskerm nie.