Duitse tennisspeler kondig sy aftrede ná Wimbledon aan

Tennis: Philipp Kohlschreiber van Duitsland het sy uittrede aangekondig ná sy oorwinning in die openingsronde van Wimbledon se kwalifiseringstoernooi. Die 38-jarige voormalige kwarteind-finalis op Wimbledon het na 17 jaar op toer gesê hierdie sal die laaste toernooi van sy loopbaan wees.