F1: Wolff sê hulle moet inhaal die naweek

Mercedes se spanhoof en mede-eienaar, Toto Wolff, sê hulle het baie om in te haal. Hy hoop die span kan ‘n deurbraak maak by die naweek se Sao Paulo Grand Prix op die Interlagos-baan. Hy verwag egter die baantoestande sal weer in Red Bull se guns wees. Mercedes gaan die laaste vier rondes van die seisoen met ‘n agterstand in nadat Red Bull Mercedes se voorsprong in die konstruksie-afdeling tot net een punt verminder het. Lewis Hamilton is nou 19 punte agter Max Verstappen, wat in Mexiko ook gewen het.