EU moet voorberei vir gas-ontwrigting

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê dis noodsaaklik dat Europa nou reeds voorberei vir verdere ontwrigting in gasvoorsiening en selfs ‘n algehele verbod op Russiese gas. Die Europese Unie het reeds sanksies teen Moskou ingestel en beweeg weg van aflewerings wat deur die Kremlin beheer word. Von der Leyen sê hulle werk aan ‘n Europese noodplan en die eerste voorstelle sal teen die middel van die maand ingedien word: