Aap-pokke nou op 6 000, WGO sal vergader

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê meer as 6 000 gevalle van aap-pokke is nou in 58 lande in die huidige uitbreking aangemeld. Die WGO sal in die week van 18 Julie ‘n vergadering byeenroep wat advies sal gee oor die verklaring van die uitbreking tot ‘n wêreldwye gesondheid noodtoestand, die WGO se hoogste vlak van waarskuwing. Die WGO se hoof, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hy het kommer oor die omvang en verspreiding van die virus oor die wêreld, uitgespreek. Hy voeg by dat ‘n gebrek aan toetsing beteken dat daar waarskynlik baie meer gevalle nie aangemeld is nie. Ongeveer 80 persent van die gevalle is in Europa.