Spaar geld en werk van die huis af…

Die stygende brandstofprys gaan daartoe lei dat meer kantore leegstaan, sê John Loos van FNB Suid-Afrika. Weens die hoë brandstofkoste gaan sommige werknemers verkies om – soos tydens die Covid-pandemie, meer van die huis af te werk. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence sê dat terwyl afstande relatief kleiner is in Namibië, sien hy die opsie as ‘n uitstekende alternatief.