Eswatini kry nuwe eerste minister
Koning Mswati III het aan die einde van die twee week lange Isibaya-byeenkoms in Eswatini vir Russell Mmemo Dlamini as die nuwe eerste minister van die laaste absolute monargie in Afrika aangestel. Dlamini is die voormalige hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Rampbestuursagentskap. Hy neem die eerste minister se pos oor by Mgwagwa Gamedze, wat sedert September in ’n waarnemende rol is nadat die koning die parlement ontbind het ter voorbereiding van die verkiesing.