Erongo-polisie vra inwoners om nie weer dronk vir vergadering op te daag

Die Erongo-polisie nooi weer boere en gemeenskapslede uit na ‘n vergadering vanoggend om tien-uur in die Otjimbingwe-gemeenskapsaal om onder meer rooftogte en veediefstal in die gebied te bespreek. Veediefstal, wildstropery en geweldsmisdade is aan die orde van die dag in die gebiede van Otjimbingwe, Wilhelmstal, Karibib en Omaruru, en het die afgelope tyd toegeneem. Die Erongo-polisie het egter ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om anders as by vorige geleenthede, nie dronk op te daag vir vergaderings om ernstige kwessies soos misdaad aan te spreek nie.