Blou Bulle spreek medelye uit oor Wannenburg

Die president van die Blou Bulle Rugby-unie, Willem Strauss, het sy medelye uitgespreek na die voormalige Springbok, Pedrie Wannenburg, vanoggend in ‘n motorvoertuigongeluk in Houston, Amerika, gesterf het. Hy was die afrigter van die Austen Elite-rugbyklub in Austen, Texas. Sy vrou en twee kinders was glo saam met hom in die voertuig en sy seun is in ‘n bedenklike toestand. Die 41-jarige Wannenburg het sy debuut vir die Bokke in 2002 teen Frankryk gemaak en het 20 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy hou ook die rekord vir 99 agtereenvolgende wedstryde vir die Bulle