Beter boumetodes nodig om skade teen natuurrampe te voorkom

‘n Argitektuur-spesialis sê die Suid-Afrikaanse departement van menslike nedersettings moet daaraan werk om huise te bou wat uiterste weerstoestande kan weerstaan. ‘n Kundige by die Universiteit van KwaZulu-Natal se departement van argitektuur, beplanning en behuising, Sibusiso Sithole, sê daar is boumetodes wat verpligtend gemaak kan word om behoorlike behuisingsontwikkelings te verseker en te voorkom dat geboue ineenstort. Duisende inwoners in die provinsie het hulle huise weens die onlangse stortreën en vloede verloor.