Entrepreneurskap is sleutel tot ekonomiese herstel

Ná die Namibiese ekonomie hard deur die Covid-pandemie getref is, het talle besighede hul deure toegemaak. Nou is die grootste uitdaging om die ekonomie te laat herleef. Een van die programme in die verband, is die Olafika SME Ontwikkeling- en Mentorskapprogram, om jong mense in entrepreneurs te omskep. Olafika se digitale inhoudsbestuurder, Belinda Manyenga sê aan Kosmos 94.1 Nuus die sleutel tot die herlewing van die ekonomie, is entrepreneurskap.