Amerikaanse regering dagvaar Texas oor aborsie-wet

Die Amerikaanse aanklaer-generaal Merrick Garland het aangekondig dat die departement van justisie die deelstaat van Texas dagvaar in verband met die nuwe aborsiewet, bekend as SB8. Die deelstaat het alle aborsies na ses weke onwettig verklaar en die wetgewing maak ook voorsiening daarvoor dat enige persoon wat iemand bystaan om ‘n onwettige aborsie te bekom, ook aangekla kan word, al is dit byvoorbeeld ‘n taxi-bestuurder. Garland het met die media gepraat.