N$24m sedert 2019 vir mens-dier konflik

Die omgewingsministerie het die jongste oor die stand van sake in verband met mens-dier konflik in die land bekend gemaak. Sedert 2019 is net meer as 24 miljoen Namibiese dollar in kompensasie uitbetaal. Luidens ‘n verklaring wat deur die woordvoerder, Romeo Muyunda, vrygestel is, is die konflik kommerwekkend en blyk om die voordele van gemeenskapsbewaring te oorskadu maar, bewaringsgebiede het in dieselfde tydperk 91,7 miljoen Namibieser dollar verdien. Muyunda sê die verlies aan vee en gewasse is die hoofbron van kommer maar, die meeste geld, 14,69 miljoen dollar is uitbetaal om verliese te verreken. Tot dusver is twee mense vanjaar dood in konflik met krokodille, wat die totaal op 33 sedet 2019 te staan bring, met 54 wat beseer is.