Engeland klop Protea-vroue in tweede T20

Krieket: Die Protea-vrouespan het so byna vir ʼn opskudding gesorg teen Engeland in die tweede Internasionale T20-wedstryd in Worcester, maar Engeland was uiteindelik net te goed en te ervare. Die Proteas het 148 vir ses paaltjies in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken waarna Engeland klinies gekolf het en 151 vir vier paaltjies bereik het, met nog ses balle oor. Die twee spanne speel Maandag in Derby in die laaste wedstryd van die reeks, wat Engeland met twee oorwinnings in die sak, reeds ingepalm het.